Welkom by Pikkie Paradys

Waar elke dag vol
nuwe avonture is. speel en leer is.

Waar elke dag, 'n nuwe avontuur begin

Ons Pikkie Paradys-wêreld!

Klein Pikkies. Groot moontlikhede!

By Pikkie Paradys in Eversdal glo ons dat elke kind verdien om raakgesien, waardeer en aangemoedig te word. Ons skep ‘n plek waar speel, leer, beweging en kreatiwiteit hand aan hand gaan, terwyl elke Pikkie se unieke persoonlikheid, talente en behoeftes aandag kry. Hier groei kinders nie net in kennis nie, maar ook in selfvertroue, vriendskap en ‘n gevoel van behoort.

Kinders in Pikkie Paradys Senior in hulle klas hempies

Iets vir elke grootwordfase

Elke ouderdom bring iets besonders!

Van die eerste nuuskierige ontdekkings tot die opwinding van die groot skool, elke fase van grootword is ‘n avontuur op sy eie. Ons vier elke mylpaal met programme en versorging wat by jou kind se ouderdom en behoeftes pas.

twee meisies in Pikkie Junior hempies op Pikkie Junior se speelgrond

Pikkie Junior | Kleuterskool in Eversdal

‘n Hele wêreld wag om ontdek te word! By Pikkie Junior, geniet babas, peuters en Kleuters liefdevolle versorging, stimulerende speelaktiwiteite en die ruimte om elke dag iets nuuts te leer.



Pikkie Paradys Senior leerling in die klas

Pikkie Senior | Preprimêr in Eversdal

Reg vir die volgende groot avontuur? By Pikkie Senior in, bou ons aan selfvertroue, onafhanklikheid en skoolgereedheid deur doelgerigte leerervarings en hope pret.



Pikkie Nasorg

Die skoolklok lui, maar die dag se pret is nog nie verby nie! Ons nasorg bied ‘n veilige plek om te ontspan, te speel en vir Graad 1 tot 7-leerders van Laerskool Gene Louw ook huiswerkondersteuning te ontvang.



Pikkie Vakansiesorg

Skoolvakansie beteken ekstra tyd vir pret! Ons vakansiesorg in Durbanville hou kinders besig met kreatiewe aktiwiteite, lekker speeltyd en nuwe avonture terwyl ouers werk.



Buitemuurse aktiwiteite

Klein talente. Groot pret!

Van die sportveld tot die dansvloer en kreatiewe kunsaktiwiteite, daar is soveel maniere vir ons Pikkies om hul belangstellings te ontdek! Ons bied toegang tot ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite deur onafhanklike diensverskaffers.

Pikkies leerlinge in die klas en leer deur spel

Pikkie Paradys se storie  

Waar ons begin het

Pikkie Paradys se storie het in 1998 begin en oor die jare saam met ons Pikkies gegroei. Vandag verwelkom ons kinders by ons kleuterskool en preprimêr, waar dieselfde toewyding aan persoonlike aandag, gehalte onderrig en gelukkige grootwordjare steeds die hart van alles vorm.

Kyk hoe groot ons Pikkie-wêreld geword het!

Wat begin het as ‘n droom om ‘n verskil in kinders se lewens te maak, het oor die jare gegroei tot ‘n besonderse Pikkie-familie. Agter elke syfer is daar ‘n storie van groei, toewyding en hope gelukkige herinneringe!

Gelukkige Pikkies
0 +
Toegewyde personeel
0
Jare se omgee en groei
0 +

Hoekom ouers vir Pikkie Paradys kies

Meer as net 'n kleuterskool en preprimêr!

Om die regte kleuterskool of preprimêr vir jou kind te kies, is ‘n groot besluit. By Pikkie Paradys in Eversdal glo ons dat elke kind uniek is en verdien om raakgesien en aangemoedig te word. Ons skep ‘n veilige omgewing waar kinders deur speel en leer hul selfvertroue bou, vriendskappe vorm en hul volle potensiaal ontdek.

Speel met 'n
doel

Ons kombineer speelpret met doelgerigte aktiwiteite wat elke Pikkie steun om nuwe vaardighede te ontdek en te ontwikkel.

Ruimte om jouself te wees

Elke Pikkie is uniek. Ons gee kinders ruimte om eie belangstellings te ontdek en nuwe dinge met selfvertroue aan te pak.

Omgee in die klein dingetjies

Van voedsame etes en veilige speeltyd tot liefdevolle versorging, ons sorg dat elke Pikkie gelukkig, veilig en geborge voel.

'n Plek om te
behoort

Ons skep 'n liefdevolle omgewing waar elke Pikkie welkom en geborge voel, nuwe vriendskappe bou, leer om saam te werk en elke dag met selfvertroue groei.

Alles wat ouers

wil weet!

Ons weet dat daar baie is om aan te dink wanneer jy die regte kleuterskool, preprimêr of nasorg vir jou kind kies. Daarom het ons antwoorde op ‘n paar van die vrae wat ouers die meeste vra, sommer hier bymekaar gesit.

Ons verwelkom kinders vanaf 4 maande by Pikkie Junior. Pikkie Senior bied voorskoolse onderrig vir Graad RR en Graad R.

Pikkie Junior is in Bethaniestraat en Pikkie Senior is op die hoek van Hebron- en Tulipstraat in Eversdal.

Ja! Ons bied nasorg vir voorskoolse kinders, asook nasorg met huiswerktoesig vir Graad 1 tot 3-leerders van Laerskool Gene Louw.

Ja, ons bied vakansiesorg vir ingeskrewe kinders tot Graad 7 gedurende die meeste skoolvakansies, met 'n jaarlikse sluitingstydperk gedurende Desember en Januarie.

Die eerste stap is om ons te kontak en uit te vind of daar plek vir jou Pikkie beskikbaar is. Besoek daarna ons Pikkie Junior- of Pikkie Senior-bladsy om die skoolfooie te sien en die aansoekvorm af te laai.

Ons administrasiespan help jou graag met die res van die inskrywingsproses.

Merk jou kalender!

Daar's altyd iets om na uit te sien!

Far curiosity incommode now led smallness allowance. Favour bed assure son things yet. She consisted consulted elsewhere happiness disposing household any old the. Widow downs you new shade drift hopes small.

Preschool Picasso Showcase

Comparison dissimilar unpleasant six compliment two unpleasing any add.

Tales and Tidbits

Comparison dissimilar unpleasant six compliment two unpleasing any add.

Explorers Day: Reach for the Stars

Comparison dissimilar unpleasant six compliment two unpleasing any add.

Glimlaggende Pikkie Paradys Preprimêr-leerder in 'n silwer ruimtevaarderpak tydens 'n prettige aantrekaktiwiteit by die skool.

Ons Pikkie-ouers vertel self!

Niks maak ons gelukkiger as om te hoor dat ons Pikkies elke dag met ‘n glimlag huis toe gaan nie. Lees wat ons ouers oor hul ervaring by Pikkie Paradys sê.

Kom reis saam deur ons
Pikkie-wêreld!

Van kreatiewe kunsprojekte en speelgrondpret tot spesiale vieringe en alledaagse oomblikke, daar is altyd iets aan die gebeur! Kom kyk hoe ons Pikkies hul dae vul met leer, lag, speel en sommer net lekker kindwees.

Pikkie Senior maatjies op die speelgrond
Super hero tem day by Pikkie Senior en een van die leerders in spiderman kostuum
Pikkie Junior baba in tydens speel tyd
Dwelling and speedily ignorant any steepest. Admiration instrument.

Quick Links

Programs

Admissions

Gallery

Contact Us

Programs

Preschool

Kindergarten

After School Club

Arts & Crafts

Support

Contact Support

Enrollment Help

Transportation Info

Tuition & Fees

Privacy Policy

Need Help

+1-(314) 892-2600

Monday – Friday: 9:00-20:00
Saturday: 11:00 – 15:00

Smartschool@mail.com

© 2026 – Website by Webspace Design